top of page
Search

[Apokriewe Boeke Van Die Bybel.pdfl - Collection | OpenSea](^3^)



7 Het die skrywers van die Nuwe Testament na die Apokriewe boeke verwys? Die Nuwe Testamentiese skrywers het na n paar tekste in die Apokriewe verwys of daarop gesinspeel. Maar dit alleen gee nie skriftuurlike status aan die Apokriewe nie. Die Nuwe-Testamentiese skrywers het ook ander nie-bybelse werke, wat nie in die Apokriewe was nie, verwys, en daaruit aanhaal, en niemand beweer dat hierdie ander nie-bybelse werke geïnspireerd is nie. Byvoorbeeld: In Handelinge 17:28 haal Paulus die Kretensiese digter, Epimenides, aan. In Handelinge 17:29 haal Paulus reël vyf van Aratus se Phaenomena aan. In 1 Kor. 15:33 haal Paulus n spreekwoord deur die Griekse digter, Menander, aan. In Titus 1:12 haal Paulus Epimenides, n Griekse digter en boorling van Krete in 600 v.c., aan. Niemand beweer dat hierdie werke geïnspireerd is nie. Van al die Apokriewe boeke wat groepe deur die eeue heen in kanonisiteit wou laat insluit, is nie een ooit aangehaal of na verwys deur Jesus of die apostels nie. Jesus gee duidelike verwysings na almal behalwe vier Ou- Testamentiese boeke van die Hebreeuse kanon, maar Hy het nooit direk na die Apokriewe boeke verwys nie. Bladsy! 7 van! 7


1 APOKRIEWE BOEKE 1. Inleiding Die woord apokrief kom van n ou Griekse woord apokruptos af wat letterlik verborge beteken. Die woord was ook gebruik om die geheime geskrifte van byvoorbeeld towenaars aan te toon. Die Rooms-Katolieke wêreld gebruik die naam apokriewe boeke, terwyl die Protestantse wêreld die term pseudepigrafiese geskrifte genoem word (leuengeskrifte/valse geskrifte!). Die woord het deur die eeue n kerklike betekenis gekry, omdat boeke/geskrifte wat deur die gelowiges geskryf is wat nie dieselfde standaard gehad het as die boeke wat deur die Heilige Gees geïnspireer is nie, ook hierdie naam gekry het, met ander woorde daar het twee stelle geloofsboeke ontstaan: Die een groep was as gesagvol beskou omdat dit God se openbaring is. Hierdie boeke is kanoniek (kanon = lineaal/meetstok/maatstaf) genoem. Die tweede groep was as waar (of ten minste gedeeltelik waar) beskou, maar beslis nie vir ons geloof op dieselfde standaard as die kanonieke boeke nie. Hulle is apokriewe geskrifte genoem. Dit is waarom ons geloofsbelydenis in Artikel 4 van die NGB n volledige lys gee van die kanonieke boeke. En dan later in artikel 6 ook n lys gee van die apokriewe boeke en ook wat hulle waarde vir ons is. Artikel 6 NGB: Onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke Ons onderskei hierdie heilige boeke van die apokriewe boeke: die derde en vierde boek van Esra, die boek van Tobias, Judit, die Wysheid, Jesus Sirag, Barug, die byvoegsel by die geskiedenis van Ester, die Gebed van die drie manne in die vuur, die Geskiedenis van Susanna, die Beeld van Bel en die Draak, die Gebed van Manasse en die twee boeke van die Makkabeërs. Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie. 2. Wie het besluit dat hierdie boeke uit die kanon uitgesluit moet wees? Die antwoord is natuurlik eenvoudig: Die kerk het dit besluit. Die kerk van die Here het bewustelik deur, onder andere, sinodes besluit dat hierdie geskrifte nie deel van die kanon moet wees nie. Daar is sulke boeke in sowel die Ou- as die Nuwe-Testamentiese bedeling. 3. Wanneer is die eerste apokriewe al uit die kanon uitgeskuif? Ons moet hier onderskei tussen twee groepe (bewegings) onder die ou Jode. Eerstens was daar die Palestynse Jode: Dis nou dié wat in Palestina gewoon het en wat bande met Palestina gehad het. In Jesus se tyd het die Palestynse Jodendom reeds die Ou-Testamentiese boeke wat ons in ons kanon het, as hulle kanonieke boeke aanvaar. 1




apokriewe boeke van die bybel pdf download




2 Dan was daar die Alexandrynse Jode. Dis Jode wat baie sterk deur die Griekse filosofie beïnvloed was en wat in Alexandrië in Noord-Afrika gebly het. Dis hierdie groep wat die Ou Testament in Grieks vertaal het (= die Septuaginta). Hulle het geen beswaar gehad om n hele klomp toevoegings by die boeke van die Ou Testament te voeg nie, want hulle het n baie ruimer siening gehad van wat die inspirasie deur die Heilige Gees sou wees! Ons moet onthou dat daar in die vroeë tye nie baie geleerde mense was wat Hebreeus kon lees en skryf nie. Daarom was feitlik al die eerste Christene en kerkvaders op die Septuaginta aangewys as hulle uit die Ou Testament wou lees omdat dit in Grieks geskryf was! Sodoende het hulle gewoond geraak aan die ekstra boeke wat by die Ou Testament bygevoeg was. Daar was van die vroeë Christelike tyd af twee standpunte oor die apokriewe: Die kerkvader Athanasius ( n.c.) en veral ook Hieronymus ( n.c.) het hulle by die Palestynse kanon geskaar en die apokriewe nie as deel van die kanon erken nie. Hulle standpunt was dat die Heilige Gees nie hierdie boeke geïnspireer het nie. Teenoor hulle was die kerkvader Augustinus (uit Noord-Afrika!) wat die sinodes van Hippo (393 n.c.) en Carthago (397 n.c.) beïnvloed het om die Septuaginta se lysie van boeke te aanvaar as die kanon. Hierby was die apokriewe boeke dus ingesluit! Ter wille van die balans moet darem genoem word dat daar tot diep in die middeleeue altyddeur stemme van protes was wat gesê het dat hierdie besluite verkeerd was, maar hulle standpunte is altyd doodgesmoor. In die tyd van die Hervorming het die kerke van die Reformasie hulle by die standpunt van Hieronymus aangesluit en teruggekeer na die Hebreeuse kanon. Teenoor hierdie standpunt het die Rooms-Katolieke Kerk by die besluite van die Sinodes van Hippo en Carthago gebly en die apokriewe as deel van die kanon en daarom as die kenbron van die waarheid gehandhaaf. 4. Wat is ons standpunt oor die apokriewe? Martin Luther het die saak min of meer reg en volledig opgesom: Die apokriewe is boeke wat nie met die Heilige Skrif gelykgestel word nie, maar wat nogtans nuttig en goed is om te lees. Calvyn se standpunt was dat die apokriewe privaat geskrifte is wat nie gesag het nie. Die kerk mag wel hierdie boeke lees en hulle gebruik vir onderrig in sake waarmee hulle ooreenstem met die kanonieke boeke. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie. Opsommend kan ons dit dus so saamvat: Die apokriewe kan nie op een lyn met die kanonieke boeke gestel word nie. Hulle het geen goddelike gesag nie. Ons mag dit lees en gebruik met dien verstande dat die inhoud daarvan onderwerp word aan die norm/maatstaf van die kanonieke boeke van die Ou en Nuwe Testament. Veral die apokriewe van die Ou Testament is van groot belang, bv. die een boek van die Makkabeërs wat baie historiese feite bevat wat nie in enige ander geskrif gekry word nie. Dit gee ook n duidelike beeld van hoe daar mense was wat baie vroom gelewe het. Net so beskryf dit mooi belydenisse en treffende gebede wat mense onder bepaalde omstandighede gedoen het. 2


3 Die apokriewe boeke beteken nie almal ewe veel nie. Van die Ou-Testamentiese apokriewe is feitlik net die Eerste boek van die Makkabeërs waardevol. In die ander apokriewe is die historiese gegewens oor die algemeen baie verkeerd/onbetroubaar. Die boek Wysheid van Salomo is deurspek met twyfelagtige filosofiese spekulasies. Wat die Nuwe-Testamentiese apokriewe betref is daar dele wat baie ooreenstem met wat in die evangelies beskryf word. Maar daar is ook dinge, bv. die Evangelie van Nikodemus 3, wat selfs in stryd kom met dinge wat die Bybel op ander plekke openbaar. 5. Enkele artikels vir diegene wat van lees hou: 5.1 Article by Mike Scott, Minister Q. Why are the Apocryphal books not included in most versions of the Bible? First of all, let s identify that the word apocrypha is a Greek word meaning hidden. This identifies that the origin of the Apocryphal books is unknown, or doubtful. The Old Testament Apocrypha include either 14 or 15 books, depending on the method of counting, which were written in the period of 200 B.C. to 100 A.D. Catholic versions of the Bible include 12 of these, but do not consider 1st & 2nd Esdras and the Prayer of Manasseh to be canonical, which is interesting. The Church of England accepts the Apocrypha as semi-canonical. Some of the books of the Apocrypha, such as 1st Macabees and Ecclesiasticus, are truly interesting, but that does not mean that they are inspired. There are many valid reasons why the Apocrypha cannot be accepted as Scripture. 1. These books were never included in the Hebrew canon of the Old Testament. Josephus expressly limited the Hebrew canon to the same books of our Old Testament. Josephus knew of other Jewish writings down to his time, but he did not regard them as having equal authority with the canonical books. 2. These books, as far as the evidence goes, were never accepted as canonical by Jesus and His apostles. 3. These books were not accepted as Scripture by such Jewish writers as Philo, Josephus, and others, as well as the early church fathers. 4. These books do not evidence intrinsic qualities of inspiration. Great portions of these books are obviously legendary and fictitious. They often contain historical, chronological and geographical errors. The apocryphal books are rightfully rejected from our Bible. 5.2 The Scholars Translation of the Gospel of Thomas by Stephen Patterson and Marvin Meyer These are the secret sayings that the living Jesus spoke and Didymos Judas Thomas recorded. 1. And he said, Whoever discovers the interpretation of these sayings will not taste death. 2. Jesus said, Those who seek should not stop seeking until they find. When they find, they will be disturbed. When they are disturbed, they will marvel, and will reign over all. [And after they have reigned they will rest.] 3. Jesus said, If your leaders say to you, Look, the (Father s) kingdom is in the sky, then the birds of the sky will precede you. If they say to you, It is in the sea, then the fish will precede you. Rather, the kingdom is within you and it is outside you. When you know yourselves, then you will 3 2ff7e9595c


5 views0 comments

Recent Posts

See All

Lung Fu Pao Magazine | 16

Some patients with mild illness in the early stage could suddenly progress to severe disease, and eventually died due to septic shock with multiple organ dysfunction syndrome (MODS), which was associa

Windows Professional Download

The list of software downloads available to you depends on the subscription you're using. If you have more than one subscription associated with the same sign-in address, you'll see the downloads incl

bottom of page